Centurion Plaasmark

Uitnodiging aan mark uitstallers:


Agtergrond:

Die Centurion Plaas Stal Mark het  die lig gesien op Saterdag 27 Oktober 2012 , geleë op die hoek van Lyttleton en Fairway laan, Clubview, Centurion.  Dit is reg oorkant Pepper Chair Pub & Restaurant en die BP Petrolstasie. ‘’ Ou Kwekery Gronde “


‘n Perseel van 2 hektaar is tot die beskikking vir Uitstallers en Boere om plaas verwante produkte “ Te koop ” aan te bied aan die Publiek op Saterdae (kyk na die kalender) vanaf 07h00-13h00.


Die area sluit onder andere 81 stalletjies onder skadunet in asook 50 buitelug stalletjies en ons verseker ‘n “Eiesoortige” Mark vir Centurion en sy inwoners.


Die aanvraag na so ‘n mark, naby of in Centurion, is geweldig groot wat die ondersteuning van die publiek verseker.


Ons nooi Entrepreneurs en Boere  uit om deel te raak van hierdie Eiesoortige Mark en deel te raak van ons Mark Famillie.


Produkte wat verlang word:

  • Vars plaasmelk, eiers, skaap en beesvleis en wildsvleis produkte asook biltong en droëwors,oud plaas implimente,droe vrugte, vars In seisoen groente en vrugte, mieliemeel, grondboontjies, mieliestronke, oudhede asook implemente, troeteldiere, voëls, ens.

  • Handgemaakte items word ook verlang in die volgende groep: Swepe, doilies, hekel- en breiware, houtmeubels, staalkonstruksies bv. drombraaiers, ketties, ou plaas gereedskap, oudhede, ens.

  • ...en as u handig is: koeksisters, terte, koeke, toffie appels, konfyte, ingelegde groentes en vrugte en ander delikatesse soos kaas en bokmelkkaas.

  • Troeteldiere bv Hasie,Voels,Katjies en Honde Telers.

  • Kindervermaak- Gesigverf ,Ponie Ritte, Springkasteel.
  • Ou plaasimplemente, antieke ware ens.

Belangstellende Uitstallers en Boere kan ons gerus kontak vir enige navrae sodat ons u en u produkte op die mark kan akkommodeer.

Centurion Farm Market

Invitation to market exhibitors:


Background:

The Centurion Farm Stall Market was aunched on Saturday 27 October 2012, on the corner of Fairway and Lyttelton Road, Clubview, Centurion.  It is opposite Pepper Chair Pub & Restaurant and the BP Petrol Garage. ‘’The Old Nursery Grounds “


The property of 2 hectares is available for Traders to sell Farm related products on Saturdays (see the calendar) from 07h00-13h00 to the Public. 


We have 81 stalls available under shade net, as well as 50 in the open area.  We promised a unique market to the Centurion residents.


The requirement for such a market in, or near to, Centurion is incredibly big which ensures support from the public.



We invite prospective Traders to become part of

our Trading Family at the Centurion Farm Stall Market !


The following Products are needed:

  • Fresh Milk from the farm, Eggs, Meat, Game Meat products,  Fresh Veggies and Fruit, Dryed Fruit , Mieliemeel, Peanuts, Antiques as well as Pets, Birds, Pet Food etc.

  • We are looking for handmade items such as:Whips, Doilies, Crochet and Knitting articles, Wooden Furniture, Steel Constructions such as Drum Grills, Ketties, South African farm implements and antiques etc.

  • ...and off course if you are handy: All kinds of homemade treats such as Savories, Toffee Apples, Jams, Pickled Veggies, Canned Fruit and other Delicatessens such as Cheese, Goats milk Products.

  • Also: Pets such as Rabbits, Birds, Cats, Dogs etc.

  • Entertainment for the Children: Face Painting, Ponie Rides, Jumping Castles, etc.

  • Old farm implements, Antiques, etc.

Those who are interested could contact us for more information or enquiries, to accommodate you and your products on the market.


Van al ons uitstallers word verwag om die "Plaas Mark" tema te ondersteun en daarmee te integreer.


Ons sal u aansoek gunstig oorweeg as u kan aandui dat u hierdie tema kan ondesteun


Laai die volgende registrasie dokument af, voltooi en stuur aan ons vir goedkeuring.


Al our exhibitors are expected to support, integrate with and share in the "farm market" theme of the market.


We will consider your application if you could prove that you would contribute to this theme.


Download the following registration dokument, complkete it and send to us for approval.